NewsNews

Polisie slaan toe op dwelmhuis in Reitzstraat

Die polisie het verlede week tydens ‘n klopjag by ’n beweerde dwelmhuis in Reitzstraat, Potchefstroom, op dwelms van R2 000 beslag gelê. Die waarde van die dwelms word op sowat R2 000 geskat. Foto’s: Verskaf Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was dit ’n gesamentlike operasie wat die honde-eenheid, misdaad-intelligensie, lugvleuel, misdaadvoorkoming en die sigbare polisiëringseenheid …

Die waarde van die dwelms word op sowat R2 000 geskat. Foto’s: Verskaf

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was dit ’n gesamentlike operasie wat die honde-eenheid, misdaad-intelligensie, lugvleuel, misdaadvoorkoming en die sigbare polisiëringseenheid ingesluit het.
Die polisie het ’n lasbrief gehad om die huis te deursoek en omstreeks 07:30 was hulle voor die hek van die huis. “Terwyl hulle het vir die eienaar gewag het om oop te maak, het een van die polisiemanne ’n man met ‘n plastieksak na die agterkant van die huis sien beweeg,” het Manyoba gesê.

Dwelms wat by die huis gevind is.

Nadat die huis deursoek is het die polisie na die tuin gegaan waar die man met die plastieksak gesien is.
“’n Sak met dagga en ’n wit poeier is tussen die blomme gevind,” het Manyoba gesê.
Die waarde van die dwelms word op sowat R2 000 geskat. ’n Nigeriër is op aanklag van besit van onwettige dwelms in hegtenis geneem.
Chison Onwuka (36) het in die hof verskyn, waarna hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is. Die saak is uitgestel na 14 Maart vir verdere ondersoek.

Related Articles

Back to top button