NewsNews

Ouers se hoop op uitkoms vir hul kinders te midde van gestremdheid

Oop armpies wat na jou uitreik en ’n drukkie gee met oorgawe. By hulle sien jy liefde sonder voorbehoud. Kinders in Parys wat ten spyte van hul gestremdheid, ’n behoefte het aan aanvaarding soos ander kinders van hul ouderdom. Hul gestremdhede wissel van Down-sindroom en outisme tot ontwikkelingsagterstande. Van hulle was sedert 2010 geakkommodeer in …

Oop armpies wat na jou uitreik en ’n drukkie gee met oorgawe. By hulle sien jy liefde sonder voorbehoud.
Kinders in Parys wat ten spyte van hul gestremdheid, ’n behoefte het aan aanvaarding soos ander kinders van hul ouderdom.
Hul gestremdhede wissel van Down-sindroom en outisme tot ontwikkelingsagterstande. Van hulle was sedert 2010 geakkommodeer in die Beertjieklas vir leerders met spesiale behoeftes by die Parys Primêre skool. Dit is hier waar ander kinders hulle leer ken en aanvaar het. Waar die blootstelling aan kinders met gestremdhede brûe van aanvaarding gebou het. Gewone maatjies met spesiale behoeftes maar wat ook deel is van ‘n gemeenskap
Op 26 Januarie het die klas gesluit nadat die onderwysdepartement in Januarie vanjaar aangedui het dat die departementele pos van die onderwyseres oorgeskuif word na Dome Primary School.
Hoewel die skool bereid was om die 4 kinders vir die jaar in van die ander klasse vir leerders met spesiale behoeftes te akkommodeer, is hierdie kinders se behoeftes sodanig dat die ouers gevoel het dat dit nie regverdig teenoor enige van die kinders sou wees nie.
Vir die ouers was dit vir die afgelope bykans 8 jaar ‘n groot uitkoms om hul kinders hier in hul tuisdorp te kon laat skoolgaan. Hiervoor is daar groot dankbaarheid teenoor die skool en die hoof, maar veral ook vir die toewyding waarmee hul onderwyseres, Joanne Boonzaier, met die kinders gewerk het.
Danksy die volgehoue harde werk van Joanne wat die potensiaal in hierdie kinders gesien het was daar beduidende vordering.
Nou word daar gesoek na ’n ander heenkome vir hierdie kinders, om hulle toe te laat om steeds by hul ouerhuise te kan wees.
Een van die ouers is Irene Janse van Rensburg wie se dogtertjie Nicolette (9), aan Down-sindroom ly.
Beide Irene en haar man is motorwagte. Met geen ander heenkome vir Nicolette moet hulle beurte maak om na haar te kyk.
Irene, en Wilna Malan, nog een van die ouers sorg elke week dat hul kinders perdry as deel van die terapie wat Martie Bezuidenhout van De Camarillos vir hierdie kinders gee as haar uitreik in die gemeenskap. Dan is daar ook ander wat na die kinders uitreik soos die swemlesse wat Martie Pienaar vir hulle gee. Maar dit alleen is nie genoeg nie.
Volgens Wilna is dit baie nodig dat hierdie kinders gestimuleer moet word, al is dit net vir twee of drie ure per dag.. Wilna is ook ‘n werkende mamma wat Delene noudat sy nie meer by die skool is nie, oral met haar saamneem, maar as ouers het hulle nie die nodige kennis om die regte en nodige stimulering te kan gee nie.
Wilna het reeds ’n gebou in Van Collerstraat wat as klaskamer omskep kan word vir die kinders, maar die groot behoefte is aan iemand wat die bereidheid het, en vaardigheid om met hierdie kinders te kan werk, selfs al is dit net ‘n paar uur per dag, sodat hulle op hul vlak gestimuleer kan word.
Enigeen wat moontlik kan help word gevra om Wilna te skakel by 072 418 5890.

Links: Irene Janse van Rensburg saam met haar 9-jarige dogtertjie, Nicolette, wat aan Downsindroom ly. Regs is Delene Malan is een van die kinders met spesiale behoeftes na wie Martie Bezuidenhout weekliks uitreik met terapie deur perdry.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button