NewsNews

Aangrypende Passiespele deur gemeente – jy mag dit nie misloop nie

Nagenoeg 60 gemeentelede van die NG gemeente Parys-Oos is die afgelope paar weke hard aan die oefen vir die 2018 Passiespele – ’n uitbeelding van Jesus se laaste paar uur op aarde. Die baie aangrypende aanbieding en dekor wat die inisiatief van gemeentelede self was, bring jou weer tot die besef watter groot prys Jesus …

Nagenoeg 60 gemeentelede van die NG gemeente Parys-Oos is die afgelope paar weke hard aan die oefen vir die 2018 Passiespele – ’n uitbeelding van Jesus se laaste paar uur op aarde.
Die baie aangrypende aanbieding en dekor wat die inisiatief van gemeentelede self was, bring jou weer tot die besef watter groot prys Jesus met sy lewe vir sondaarmense betaal het. Die doel van die Passiespele – om die boodskap van lewe uit te dra na die gemeenskap.
Die uitbeelding is nie gerig op enige kerkverband nie, maar wel om die boodskap oor te dra en sluit onder meer tonele in van Jesus se intog in Jerusalem, die Nagmaal, Judas se verraad, Getsemané, Petrus se verloëning van Jesus, Jesus voor Pontius Pilatus en die kruistoneel.
Mense word hartlik genooi om te kom kyk na die Passiespele op 27 en 28 Februarie en 1 Maart om 18:30 vir 19:00. Toegang is gratis maar donasies sal waardeer word.
Daar is wel kaartjies beskikbaar, hoewel  toegang gratis is, omdat sitplek beperk is. Mense kan vir Elsa Blignaut by die kerkkantoor skakel by (056) 811 3791 vir navrae en kaartjies.
Kom ervaar hierdie laaste ure van Jesus se lewe op aarde op ’n aangrypende wyse wat weer die Kruisgebeure opnuut vir jou betekenis sal gee.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button