NewsNews

Sanddiewe steel lustig voort

Dit wil voorkom asof daar geen wil by die Ngwathe bestuur is om die diefstal van sand uit die ou begraafplaas stop te sit nie. Ten spyte van foto’s wat deur ’n werknemer van ’n sekuriteitsmaatskappy geneem is van ’n oorlaaide bakkie met vermoedelik gesteelde bousand en wat toe na die Ngwathe munisipale bestuur gestuur …

Dit wil voorkom asof daar geen wil by die Ngwathe bestuur is om die diefstal van sand uit die ou begraafplaas stop te sit nie.
Ten spyte van foto’s wat deur ’n werknemer van ’n sekuriteitsmaatskappy geneem is van ’n oorlaaide bakkie met vermoedelik gesteelde bousand en wat toe na die Ngwathe munisipale bestuur gestuur is, kon Gazette vandeesweek nog geen klag kry wat hieroor by die polisie gelê is nie.
Die foto’s is gestuur dae nadat twee persone ’n boete van net R100 elk opgelê is vir diefstal van bousand vanaf munisipale eiendom.
Een van die skuldiges was boonop vroeër ook vir dié diefstal in hegtenis geneem, maar weer vrygelaat. Die kennisgewingbord by die begraafplaas wat waarsku dat die diefstal van die sand ’n kriminele oortreding is, en oortreders vervolg sal word, is die spreekwoordelike “skrik nie vir ‘n koue pampoen nie”. Raadslede se versoek dat munisipale bestuur moet optree, val oënskynlik op dowe ore, en die polisie op sy beurt sê hulle kan net ’n  saak ondersoek as ’n  klag gelê word.
Die vraag is of Parysenaars hierdie misdryf langer kan duld. As jy ‘n ooggetuie was en foto’s het van waar mense die sand oplaai of registrasienommers van die voertuie, e-pos dit na gazettenuus@gmail.com.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button