NewsNews

Jan Publiek se harte klop warm vir Epilepsie Week

Nasionale Epilepsie Week is van 12 tot 18 Februarie ook hier in Parys gevier by Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-tak. Wonderlike reaksie en ondersteuning is van die gemeenskap gekry en was dit veral besonders omdat Epilepsie SA vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier. Die tema vir vanjaar se vieringe was, “Dit is Ek” teen die agtergrond van …

Nasionale Epilepsie Week is van 12 tot 18 Februarie ook hier in Parys gevier by Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-tak. Wonderlike reaksie en ondersteuning is van die gemeenskap gekry en was dit veral besonders omdat Epilepsie SA vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier.
Die tema vir vanjaar se vieringe was, “Dit is Ek” teen die agtergrond van “Epilepsie is meer as net toevalle.”
Verskeie aktiwiteite vir klein en groot is aangebied. Heelwat klem is veral gelê op bewusmaking van wat epilepsie is, en dan was daar ook ’n inkleurkompetisie vir graad 1 en 2 leerlinge by van die skole.
Saterdag is ’n “selfie-dag” by Checkers gehou. Almal wie foto’s vir die selfie-dag geneem het, kan Epilepsie se Facebook-bladsy @epilepsysa besoek en hulself gaan “tag”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button