NewsNews

Jan Publiek se harte klop warm vir Epilepsie Week

Nasionale Epilepsie Week is van 12 tot 18 Februarie ook hier in Parys gevier by Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-tak. Wonderlike reaksie en ondersteuning is van die gemeenskap gekry en was dit veral besonders omdat Epilepsie SA vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier. Die tema vir vanjaar se vieringe was, “Dit is Ek” teen die agtergrond van …

Nasionale Epilepsie Week is van 12 tot 18 Februarie ook hier in Parys gevier by Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-tak. Wonderlike reaksie en ondersteuning is van die gemeenskap gekry en was dit veral besonders omdat Epilepsie SA vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier.
Die tema vir vanjaar se vieringe was, “Dit is Ek” teen die agtergrond van “Epilepsie is meer as net toevalle.”
Verskeie aktiwiteite vir klein en groot is aangebied. Heelwat klem is veral gelê op bewusmaking van wat epilepsie is, en dan was daar ook ’n inkleurkompetisie vir graad 1 en 2 leerlinge by van die skole.
Saterdag is ’n “selfie-dag” by Checkers gehou. Almal wie foto’s vir die selfie-dag geneem het, kan Epilepsie se Facebook-bladsy @epilepsysa besoek en hulself gaan “tag”.

Related Articles

Back to top button