SportSport

Vrystaatse Senior Dames slaan ’n bars- hou op die gholfbaan

Die Vrystaatse Senior Dames gholfspan het behoorlik hul slag op die gholfbaan gewys by die onlangse Nasionale Senior Dames Kampioenskappe wat in Nelspruit en Witrivier gehou is.

Die Vrystaatse Senior Dames gholfspan het behoorlik hul slag op die gholfbaan gewys by die onlangse Nasionale Senior Dames Kampioenskappe wat in Nelspruit en Witrivier gehou is.

Hierdie gholfkampioenskap strek oor drie dae en word jaarliks in ’n ander provinsie van die land aangebied. Die Vrystaatse dames was ’n span van agt vroue onder wie ook die bekende sangstem en Parysenaar, Elizabeth Fourie wie se 4-bal eerste geëindig het (Witrivier).

Ander lede van die Vrystaatse span wat presteer het was Marieta Theron wat die prys gewen het vir IPS Beste Punte bo 70 jaar vir die eerste dag, en Maryna Spies wat die Beste Punte vir IPS bo 70 jaar op die tweede dag gewen het. Carina Theron het die beste Nett 60 tot 69 jaar gewen, en was ook vierde algeheel in die Silwer-afdeling.

Die span as geheel het bogemiddeld presteer in elke ouderdomsgroep.

Volgende jaar word die kampioenskap deur die Boland aangebied, en volgens Elizabeth is sy reeds hard aan die oefen vir die kampioenskap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button