NewsNews

Twee keer lewenslank vir verkragting en moord

Twee mans is Dinsdag (12 Februarie) beide tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis na hulle skuldig bevind is aan onder andere moord en verkragting. Illustration photo Twee mans is Dinsdag (12 Februarie) beide tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis na hulle skuldig bevind is aan onder andere moord en verkragting. Volgens lt. Kol. Pelonomi Makau, …

police,saps

Illustration photo

Twee mans is Dinsdag (12 Februarie) beide tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis na hulle skuldig bevind is aan onder andere moord en verkragting.

Volgens lt. Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, Joseph Mashava (29) en  Shimbuya Munjarazi (28) in die Noordwes-hooggeregshof wat in Mokgwase gesit het, verder tot 5 jaar vir huisbraak, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, 5 jaar vir besit van onwettige vuurwapen en 3 jaar vir onwettige besit van ammunisie gevonnis.

Die verdagtes het in Januarie 2017 tydens ʼn huisroof ʼn 57 jarige Mnr. Van Heerden doodgeskiet en sy 63 jarige vrou in Waterfall Village, Rustenburg verkrag. Die polisie het hulle in Maart van dieselfde jaar in Matebeleng opgespoor en in hegtenis geneem.

Die Noordwes Provinsiale Kommissaris, Luitenant-generaal, Baile Motswenyane het die vonnis verwelkom en gesê  dat dié vonnis ‘n duidelike boodskap aan ander misdadigers sal gee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button