NewsNews

VS regering se openingsrede onbepaald uitgestel

Die Vrystaat regering se openingsrede wat Dinsdag 20 Februarie by die AfriDome in Parys gehou sou word, is nou onbepaald uitgestel. Dit is Dinsdagmiddag laat aangekondig kort voordat president Jacob Zuma Woensdag 14 Februarie uit sy pos as president bedank het. Verlede week het die Vryheidsfront Plus reeds hul kommer uitgespreek dat hulle verwag die …

Die Vrystaat regering se openingsrede wat Dinsdag 20 Februarie by die AfriDome in Parys gehou sou word, is nou onbepaald uitgestel. Dit is Dinsdagmiddag laat aangekondig kort voordat president Jacob Zuma Woensdag 14 Februarie uit sy pos as president bedank het.
Verlede week het die Vryheidsfront Plus reeds hul kommer uitgespreek dat hulle verwag die openingsrede  glo die belastingbetaler miljoene sal kos vir wat hulle meen eintlik ’n afskeidspartytjie vir die Vrystaatse premier, Ace Magashule, sal wees, wat nou die pos as die ANC se sekretaris-generaal beklee.
Dié kommer het die Vryheidsfront Plus  laat eis dat die provinsiale openingsrede uitgestel moet word.
“Die openingsrede is veronderstel om die rigting aan te dui vir provinsiale departemente vir die komende jaar. Die begrotings en jaarlikse prestasieplanne van departemente word deur die openingsrede toegelig, daarom is dit onaanvaarbaar dat die premier toegelaat word om die provinsiale rede te lewer,” het die Vryheidsfront in ’n verklaring gesê.
“Dit is onaanvaarbaar dat die ANC se binne-gevegte die Vrystaat lamlê en veroorsaak dat belangrike beplanning vir die jaar nie plaasvind nie,” sê die Vryheidsfront Plus.
Die feit dat die openingsrede beplan word om in Magashule se tuisdorp plaas te vind, is ‘n aanduiding dat die openingsrede se koste miljoene rand gaan beloop en dat dit eerder ‘n afskeidspartytjie gaan wees, sê Tammy Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer.
Die VF Plus het daarop ’n dringende skrywe aan die Speaker van die Vrystaatse wetgewer gerig om te eis dat die openingsrede uitgestel moet word en  koste tot die uiterste beperk moet word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button