Oud Emfuleni burgemeester gearresteer vir kinderpornografie
Simon Mofokeng in die beskuldigde bank. FOTO: Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. – Woensdag 14 Februarie op Valentynsdag, is die oudburgemeester van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit omstreeks 08:00 deur die Eenheid vir Kinderbeskerming, Gesinsgeweld en Seksuele Misdrywe (GKS), gearresteer. Simon Mofokeng, gewese burgemeester is nadat hy gearresteer is, na die SAPD stasie op Vanderbijlpark en Boipatong geneem op …
VANDERBIJLPARK. – Woensdag 14 Februarie op Valentynsdag, is die oudburgemeester van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit omstreeks 08:00 deur die Eenheid vir Kinderbeskerming, Gesinsgeweld en Seksuele Misdrywe (GKS), gearresteer.
Simon Mofokeng, gewese burgemeester is nadat hy gearresteer is, na die SAPD stasie op Vanderbijlpark en Boipatong geneem op die klag van besit van pornografiese materiaal. Die arrestasie spruit uit ‘n voorval sowat vier maande gelede waarin hy ‘n half naakte foto van ‘n 14 jarige meisie op ‘n sosiale blad versprei het.
In die media was daar intussen verskeie aannames teen hom waarvan een is dat hy ‘n kind verwek het by ‘n 16 jarige mesie wat tans 28 is. Sedert sy bedanking op 20 November 2017, het verskeie ander na vore gekom met beskuldigings van seksuele misdrywe.
Mofokeng is op borgtog van R10000 vrygelaat. Die saak is uitgestel na die Vanderbijlpark Streekhof op 20 Maart.