HealthLifestyle

Bloeddiens mik vir 110 eenhede bloed

Wêreldbloedskenkerdag sal op 14 Junie in lande regoor die wêreld gevier word. Die dag skep bewusmaking vir die behoefte aan veilige, kwaliteit bloed en bloedprodukte en eer talle vrywillige, onbetaalde bloedskenkers.

Wêreldbloedskenkerdag sal op 14 Junie in lande regoor die wêreld gevier word. Die dag skep bewusmaking vir die behoefte aan veilige, kwaliteit bloed en bloedprodukte en eer talle vrywillige, onbetaalde bloedskenkers.

Wêreldbloedskenkerdag plaas ook die fokus op die beskikbaarheid en gepaste gebruik van veilige bloed en bloedprodukte, en beklemtoon die behoefte aan meer toegewyde onvergoede bloedskenkers. Wêreldbloedskenkerdag wat in 2004 ontstaan het, val op die verjaarsdag van Karl Landsteiner. Hy het die ABO bloedgroepsisteem wat vandag gebruik word om veilige bloedoortappings te verseker, ontdek.

Wêreldbloedskenkerdag is ’n jaarlikse gebeurtenis wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) geborg word. Dit is een van slegs agt amptelike internasionale gesondheidsveldtogte wat deur die WHO erken word.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) wy Junie-maand toe aan groter bewusmaking rakende die kritiese behoefte aan die tydige beskikbaarheid van bloed as deel van ’n alomvattende benadering tot die voorkoming van moederlike sterftes. Bloedoortapping is geïdentifiseer as een van die nege lewensreddende ingrypings vir die bestuur van swangeskapverwante komplikasies.

“Geboorte en ander ginekologiese komplikasies is onder die hoogste aanvraag vir bloed daagliks in Suid-Afrika,” sê Vanessa Raju, SANBS se kommunikasiebestuurder. Die SANBS moedig daarom mense aan om gereeld bloed te skenk en wil graag alle bloedskenkers bedank wie hul tyd opoffer om mense wat bloed nodig het se lewens te red. Raak betrokke. Skenk bloed en neem deel aan die plaaslike geleenthede wat vir die viering van Wêreldbloedskenkerdag gereël is.

Parysenaars kan op Dinsdag 9 Junie vanaf 13:00 tot 19:00 in die Hervormde kerksaal h/v Loop- en Paulsenstraat bloed skenk vir Wêreld Bloedskenkermaand. Die doelwit is om 110 eenhede bloed in te samel.

Related Articles

Back to top button