NewsNews

Die net trek al stywer ná klopjag

Foto’s van die Valke se dramatiese klopjag vanoggend by die Gupta woonkompleks in Saxonworld, Johannesburg.  Die klopjag is op dieselfde dag gedoen as wat daar asem opgehou is vir pres. Jacob Zuma se reaksie op die ANC se amptelike aankondiging dat hy herroep word. Politieke ontleders het die optrede as ‘n duidelike magsvertoon aan pres. …

Foto’s van die Valke se dramatiese klopjag vanoggend by die Gupta woonkompleks in Saxonworld, Johannesburg.  Die klopjag is op dieselfde dag gedoen as wat daar asem opgehou is vir pres. Jacob Zuma se reaksie op die ANC se amptelike aankondiging dat hy herroep word.

Politieke ontleders het die optrede as ‘n duidelike magsvertoon aan pres. Jacob Zuma beskryf wat ‘n boodskap uitstuur dat hy nie meer in beheer is nie.

Die rand het vanmiddag nog verder versterk nadat die ANC se parlementêre koukus  se nuuskonferensie oor die besluite rondom pres. Zuma begin het. Dit is die sterkste vlak in 52 weke. Vanoggend al het die rand begin versterk toe die nuus oor die Valke se optrede by die Gupta woning bekendgemaak is.

Adv. Thuli Madonsela het in reaksie op die klopjag gesê dat die klopjag by die Guptas en ander wat in die Vrede-suiwelprojek  geïnpliseer word,  al vroeër moes plaasgevind het toe haar verslag oor staatskaping verlede jaar uitgereik is. Sy het haar kommer uitgespreek dat die inligting dalk al vernietig is. Teen vanoggend 10:00 het die Valke reeds 3 mense in hegtenis geneem ná klopjagte op die Gupta-perseel in Saxonworld en die perseel van een van hul maatskappye, Sahara. Daar is intussen bevestig dat vanoggend se inhegtenisnames ook verband hou met die Estina Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat. Daar word verwag dat die Valke ook op verskeie ander staatsdepartement in die Vrystaat kan toeslaan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button