CompetitionsEntertainmentLifestyleSponsored

Oud inwoner se eerste boek op die rakke

VANDERBIJLPARK. – ’n Oud-inwoner, onderwyseres en skrywer van Vereeniging, Rhona Scheepers, het haar eerste boek, Pedale van Papier, op 30 April by Bargain Books bekendgestel. Die boek bevat ware gebeurtenisse uit haar verlede en dit beloof om lesers te boei. Rhona het haar boek op dié dag ook persoonlik onderteken. Pedale van Papier begin waar …

VANDERBIJLPARK. – ’n Oud-inwoner, onderwyseres en skrywer van Vereeniging, Rhona Scheepers, het haar eerste boek, Pedale van Papier, op 30 April by Bargain Books bekendgestel.
Die boek bevat ware gebeurtenisse uit haar verlede en dit beloof om lesers te boei. Rhona het haar boek op dié dag ook persoonlik onderteken. Pedale van Papier begin waar die ou getroue Trifiena vir Karien (haar werkgewer), help om ‘n klavier na buite te trek-stoot. As die klavier buite is, begin Karien dit met mag en mening met ‘n byl stukkend kap. Die splinters spat in alle rigtings soos wat sy met die byl in die klavier inlê. Terwyl sy haar klavier verwoes, dink sy terug aan haar kinderdae.
Dié boek is gebaseer op ‘n ware verhaal oor ‘n dogter se aanneming en verwerping. Dit vertel onder meer ook van haar molestering deur ‘n vertroude kerklike persoon. Rhona het eers kortverhale geskryf vir tydskrifte soos Keur, voordat sy haar in die boek, waaraan sy 14 jaar geskryf het, begewe het. Rhona het in Drie Riviere, Vereeniging grootgeword en na haar troue verhuis. “Ek was ‘n alleenkind wat maar van kleintyd af ‘n dromer was en in my eie wêreld geleef het,” vertel Rhona. Soms het sy haar eie stories geskep en dit uitgespeel. Sy het sedertdien op Robinson Regstreeks (KykNet) verskyn, en in gesprek met Freek Robinson verwys na die werklikheid van hierdie aandoenlike boek. Die boek is meestal ‘n refleksie op haar eie lewe en haar jongdae in Vereeniging. Rhona se boek is by Bargain Books in Vaal Mall beskikbaar. Vir meer inligting skakel (016) 931 3367 of e-pos vaalmall@bargainbooks.co.za. Besoek ook die webtuiste
https://naledibooks.co.za/books/pedale-van-papier/.
Twee lesers kan elk ‘n getekende eksemplaar van Pedale van Papier wen, deur die maklike vraag te beantwoord. In watter voorstad het Rhona grootgeword? SMS die woord PEDALE, gevolg deur jou antwoord, jou naam en van na 45534. SMS’e kos R1-50 en moet ons nie later nie as Sondag bereik.

Pedale van papier


Related Articles

Back to top button