NewsNews

Feathers hou weer uitstappie

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms is op Donderdag 22 Februarie om 18:30 in die Sally Martin Park saal. Die klub sal dan sy jaarvergadering hou en daar moet drie komiteelede verkies word. Richard Caldwell sal ook by die geleentheid van sy foto’s wys. Feathers se tweede uitstappie vir die jaar is op Saterdag 24 Februarie  …

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms is op Donderdag 22 Februarie om 18:30 in die Sally Martin Park saal.
Die klub sal dan sy jaarvergadering hou en daar moet drie komiteelede verkies word. Richard Caldwell sal ook by die geleentheid van sy foto’s wys.
Feathers se tweede uitstappie vir die jaar is op Saterdag 24 Februarie  Feathers is uitgenooi om die plaas Paradyskloof van Philip en Esme van der Merwe te besoek.
Van die klublede wat onlangs daar was, sê daar is baie voëls. Dit is ’n  nuwe besoekpunt en behoort interessant te wees.
Aangesien dit vroeg warm word, vertrek klublede en ander belangstellendes reeds om 06:00 vanaf die Pick n Pay parkeerterrein.
Die plaas is ongeveer 25km uit die dorp op die Venterskroonpad.
Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam.
Anti-goggagoed en ’n hoed kan ook nuttig wees.
Almal wat belangstel in die voëls van die omgewing, is welkom om saam te gaan.
Skakel vir Hansie Bekker by 056 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 056 817 6031 / 083 625 8100 vir inligting oor die klub, byeenkomste en die uitstappies.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button