Photo GalleriesSport

Speel saam met jou kind tennis by hierdie familie pretdag

Die Parys-tennisklub het heelwat opwindende planne vir die jaar. Deel daarvan is ’n familie pretdag op 3 Maart by die klub se bane op die Parys Golf & Country Estate. Ouers sal dan saam met hul kinders op die tennisbaan aan die dag kan deelneem in verskeie dubbelwedstryde wat gespeel gaan word. Nuwe lede is …

Die Parys-tennisklub het heelwat opwindende planne vir die jaar. Deel daarvan is ’n familie pretdag op 3 Maart by die klub se bane op die Parys Golf & Country Estate. Ouers sal dan saam met hul kinders op die tennisbaan aan die dag kan deelneem in verskeie dubbelwedstryde wat gespeel gaan word.
Nuwe lede is ook baie welkom om by die klub te kom aansluit en te deel in gereelde sosiale spel en kompetisies. Daar word elke Saterdagmiddag vanaf 14:00 sosiaal gespeel. Stuur ‘n e-pos na parystennis@hotmail.com vir navrae, of skakel Pieter Roode by 083 230 8946. Vir meer inligting oor die pretdag skakel Judy Roode by 083 230 8946.
Die klub het onlangs ’n nuwe komitee gekies. Hulle is Pieter Roode (voorsitter), Judy Roode (sekretaresse), André van Tonder (ondervoorsitter), CP Meyer (tesourier) en Christo Swanepoel (onderhoud).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button