NewsNews

Dok was ’n man wat spore gelaat het

Waar hy gekom het, het Dok mense se lewens geraak. Van die motorwagte en straatkinders vir wie hy altyd ’n  vriendelike woord gehad het, tot die vele pasiënte wat hy oor jare  letterlik regoor die wêreld gesien het. Hy was toegewyd aan die Here in alles wat hy gedoen het en het sy lewe aan …

Waar hy gekom het, het Dok mense se lewens geraak. Van die motorwagte en straatkinders vir wie hy altyd ’n  vriendelike woord gehad het, tot die vele pasiënte wat hy oor jare  letterlik regoor die wêreld gesien het. Hy was toegewyd aan die Here in alles wat hy gedoen het en het sy lewe aan die kerk gewy. Iemand wat onthou sal word vir sy ongelooflike positiewe ingesteldheid en fyn humorsin waarmee hy sy werk gedoen het, maar ook die evangelie uitgedra het.
Dr. Arnold Raubenheimer is Maandagaand by sy huis in Parys oorlede – daar waar hy vir oulaas nog rustig saam met sy vrou Annetjie, en vriende kon wees.
Dok was die afgelope maand siek met nierversaking en was vroeër vanjaar gehospitaliseer, maar het goed aangesterk. Selfs ’n gewas wat in 2016 in sy blaas gekry is het hom nie ondergekry nie, en het hy ook daarvan goed herstel.
Dok se spore lê diep getrap in Parys waar hy van 1994 tot 2001 by die Parys Distrik hospitaal gewerk het as ginekoloog. In 2008 het hy teruggekom van Nieu-Zeeland en tot voor Kersfees 2017 was hy nog by die hospitaal werksaam, waarna hy ook ná sy siekverlof sou teruggaan.
Dok is gebore in Rouxville en het hom aanvanklik as predikant bekwaam voordat hy medies aan die Wits Universiteit gaan studeer het. Hy’t altyd grappenderwys vertel van die indruk wat ’n  dokter kleintyd op hom gemaak het met sy mangeloperasie.
Ná hy sy studies voltooi het het hy as dokter op die sendingveld gaan werk en in Malawi vir die kerk ’n  praktyk gaan oopmaak. Vandaar het hy ook ’n  praktyk vir die kerk in Kenia gaan oopmaak voordat hy uiteindelik as ginekoloog gaan spesialiseer het by Grootte Schuur.
Sy lewenspad het hom ook na Londen, die VSA en Nieu Zeeland geneem waar hy gepraktiseer en later ook afgetree het. Sy werk was egter nog lank nie klaar nie. Hy is beroep om by die kerk-hospitaal op Solomon-eiland te gaan werk, en selfs nadat die Italiaanse regering gevra het dat daar van die eiland onttrek word, het dok geweier om sy pasiënte agter te laat. Hy het aangebly op die eiland as hoof van Ginekologie.
Eers in 2007 keer hy terug na Suid-Afrika waar sy vrou oorlede is. Kort daarna is hyweer  terug na Nieu Seeland maar in September 2008 was hy vir goed terug en is hy en Annetjie getroud. Hulle was voor hul troue al jarelange huisvriende. Parys het sy woonplek geword en hier sou hy oor die laaste tien jaar ‘n groot rol in soveel mense se lewens speel.
Dok word oorleef deur Annetjie, sy drie kinders, 6 kleinkinders en ’n suster.
Hoewel hy die laaste jaar meer in ’n  raadgewende hoedanigheid by die hospitaal betrokke was, het hy nog tot Junie verlede jaar ook chirurgie veral in noodgevalle gedoen.
Molfie soos hy onder sy geliefdes bekend was, sal altyd onthou word vir die besondere manier wat hy vir sy medemens omgegee het. ’n Man wat met alles wat hy gedoen het, sy Skepper wou eer.
Parys sal Dok mis!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button