Min wetend dat dit haar eie dogter was wat die slagoffer was van ‘n kaping, het Elzona Meyer, ‘n paramedikus en bestuurder van die Emer-G-Med-ambulansdiens in Heidelberg, Gauteng, Vrydagaand binne minute van Nigel na Heidelberg gejaag om die slagoffer te hulp te snel. ‘n Kollega het Abigail Meyer net voor 20:00 by haar ouerhuis gaan …
Min wetend dat dit haar eie dogter was wat die slagoffer was van ‘n kaping, het Elzona Meyer, ‘n paramedikus en bestuurder van die Emer-G-Med-ambulansdiens in Heidelberg, Gauteng, Vrydagaand binne minute van Nigel na Heidelberg gejaag om die slagoffer te hulp te snel.
‘n Kollega het Abigail Meyer net voor 20:00 by haar ouerhuis gaan aflaai waar kapers haar sonder ‘n woord reg voor haar ouerhuis geskiet het terwyl sy nog uit die motor geklim het.
Haar ma was besig met ‘n sigbaarheidsoperasie in Nigel toe die noodoproep deurgekom het. Sy was ontsteld dat die adres “verkeerd” deurgegee is, wat dan eintlik haar ambulansbasis se adres was.
Onderweg na die toneel het iets vir haar gesê om haar dogter te bel, maar desondanks herhaalde oproepe kon sy haar nie in die hande kry nie. Abigial se selfoon was af.
Terwyl Elzona nog op pad was, is die Netcare-helikopter ontbied. Ander paramedici was toe reeds by die ambulansbasis besig om te probeer om Abigail te stabiliseer.
Elzona het besef dat haar dogter se toestand by die minuut verswak. ‘n Gebroke Elzona Meyer het aan Hendrik Hancke van Netwerk 24 gesê dat sy klinies geweet het haar kind is besig om dood te gaan, maar dat jy bly hoop jy is verkeerd en alles doen om jou kind te help.
Elzona is saam met die helikopter na die Union-hospitaal in Alberton, waar Abigail om 21:20 dood verklaar is. Abigail het saam met haar ma by die ambulansdiens gewerk en was besig om haar as paramedikus te bekwaam.
Die kapers het gevlug met Abigail se kollega, Jaco Pretorius se Ford Fiesta wat later in die Tsakane-woonbuurt gevind.