NewsNews

Motor in twee geskeur, man (29) ongedeerd

VEREENIGING. – As daar na die opgefrommelde wrak van ‘n motor gekyk word wat verlede Donderdag in twee geskeur is toe dit onder ‘n trok beland het, kan daar amper net een afleiding gemaak word. Niemand kon lewend hier uitkom nie.   VEREENIGING. – As daar na die opgefrommelde wrak van ‘n motor gekyk word …

 

VEREENIGING. – As daar na die opgefrommelde wrak van ‘n motor gekyk word wat verlede Donderdag in twee geskeur is toe dit onder ‘n trok beland het, kan daar amper net een afleiding gemaak word. Niemand kon lewend hier uitkom nie.
Maar wonder bo wonder is mnr. James Anieke (29), die bestuurder van die motor, lewend en met net geringe beserings uit die wrak bevry. Anieke het omstreeks 07:00 in Houtkopweg gery toe die Avio wat hy bestuur het, en ’n trok van Trent Trucking in ‘n botsing betrokke was. Die motor se agterste deel het onder die linkervoorkant van die trok beland. Die motor is ‘n ent verder gesleep voordat die trok tot stilstand gekom het. Die voorste deel van die Avio het ‘n hele ent daarvandaan gelê.
Paramediese personeel van ER24 het Anieke op die toneel behandel. Volgens sy broer Kenny, het Anieke net ‘n sny aan sy oor en ken opgedoen.
Die brandweer moes die voertuig met hidroliese toerusting oopsny om Anieke agter die stuur te bevry. Hy is deur die provinsiale ambulansdiens na die Sebokeng-hospitaal geneem vir behandeling, maar is dieselfde dag nog ontslaan.
Trent Trucking het op Vaalweekblad se Facebookblad gesê hulle is dankbaar dat niemand ernstig beseer is nie en gee hul volle samewerking met die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button