NewsNews

Vuisgeveg versprei soos veldbrand op sosiale media

VANDERBIJPARK. – Vuisgevegte tussen leerlinge kom byna daagliks by skole voor. Hierdie voorvalle word gewoonlik intern deur die skool hanteer met sekere prosedures wat deur die onderwysdepartement of die skool se beleid voorgeskryf word. Ongelukkig word tegnologie deesdae ingespan en kan enige leerling ‘n struweling tussen mede-leerlinge met hul selfoon opneem. Nie lank daarna word …

VANDERBIJPARK. – Vuisgevegte tussen leerlinge kom byna daagliks by skole voor.
Hierdie voorvalle word gewoonlik intern deur die skool hanteer met sekere prosedures wat deur die onderwysdepartement of die skool se beleid voorgeskryf word.
Ongelukkig word tegnologie deesdae ingespan en kan enige leerling ‘n struweling tussen mede-leerlinge met hul selfoon opneem. Nie lank daarna word hierdie beeldmateriaal op Facebook geplaas en byna deur elkeen wat daarna kyk, met ander gedeel sodat dit landwyd en selfs wêreldwyd gesien kan word.

Dit laat egter baie nagevolge vir die persone op die video en selfs vir die persoon wat die video op die internet plaas. Die onlangse voorval by die Hoërskool Transvalia waar twee 15-jarige graad nege-leerlinge mekaar met die vuiste in Bizetsraat, suid van die skool getakel het, stel nie net die betrokke skool in die verleentheid nie, maar het ook groot en ernstige gevolge vir diegene wat by die voorval betrokke was. Die oorspronklike video is later van die betrokke leerling se Facebook-profiel verwyder, maar dit was reeds te laat. Die video het binne ‘n paar dae groot opslae in die plaaslike en selfs nasionale elektroniese media gemaak.
Omstanders word egter nie uitgesluit nie en dit is ‘n verstandige mens se eerste plig om tussenbeide te tree en so ‘n geveg te probeer ontlont. Tydens dié voorval het omstanders die twee seuns egter aangemoedig en baie kru en godslasterlike taal gebruik om die twee vegters aan te moedig.
* Mnr. Johann Venske, hoof van die skool, het na die voorval gesê die betrokke partye is reeds geïdentifiseer en aangekla. Dissiplinêre prosesse het ook reeds begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button