NewsNews

21-jarige voor ouerhuis geskiet

Die gemeenskap van Heidelberg, Gauteng, is in rou gedompel na die dood van Abigail Meyer (21). Sy is deur gewapende rowers voor haar ouerhuis geskiet. Luidens berigte het Abigail en een van haar kollega’s gisteraand by haar huis gestop om klere op te tel. Sy is ‘n mediese vrywilliger. Die rowers het haar kollega oorval, …

Luidens berigte het Abigail en een van haar kollega’s gisteraand by haar huis gestop om klere op te tel. Sy is ‘n mediese vrywilliger.

Die rowers het haar kollega oorval, maar sy was onbewus oor wat besig is om te gebeur. Toe die rowers haar gewaar het hulle begin om skote af te vuur. Sy is in die maag gewond.

Abigail is in ‘n kritieke toestand per helikopter hospitaal toe geneem, maar het later aan haar beserings beswyk.

Die voertuig, ‘n Ford Fiesta, is na die voorval in KwaThema gevind.

Die polisie ondersoek die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button