NewsNews

21-jarige voor ouerhuis geskiet

Die gemeenskap van Heidelberg, Gauteng, is in rou gedompel na die dood van Abigail Meyer (21). Sy is deur gewapende rowers voor haar ouerhuis geskiet. Luidens berigte het Abigail en een van haar kollega’s gisteraand by haar huis gestop om klere op te tel. Sy is ‘n mediese vrywilliger. Die rowers het haar kollega oorval, …

Luidens berigte het Abigail en een van haar kollega’s gisteraand by haar huis gestop om klere op te tel. Sy is ‘n mediese vrywilliger.

Die rowers het haar kollega oorval, maar sy was onbewus oor wat besig is om te gebeur. Toe die rowers haar gewaar het hulle begin om skote af te vuur. Sy is in die maag gewond.

Abigail is in ‘n kritieke toestand per helikopter hospitaal toe geneem, maar het later aan haar beserings beswyk.

Die voertuig, ‘n Ford Fiesta, is na die voorval in KwaThema gevind.

Die polisie ondersoek die voorval.

Related Articles

Back to top button