NewsNews

R100 boete skrik sanddiewe nie af nie

Enkele dae nadat twee persone ’n  boete van R100 elk opgelê is vir diefstal van bousand vanaf munisipale eiendom, het diewe die afgelope naweek weer toegeslaan. ’n  Werknemer van rdl. Saal de Jager (Wyk 12) het verdagtes met vermoedelik gesteelde bousand Saterdag opgemerk en foto’s van die oorlaaide bakkie geneem.  Dit is dadelik na die …

Enkele dae nadat twee persone ’n  boete van R100 elk opgelê is vir diefstal van bousand vanaf munisipale eiendom, het diewe die afgelope naweek weer toegeslaan.
’n  Werknemer van rdl. Saal de Jager (Wyk 12) het verdagtes met vermoedelik gesteelde bousand Saterdag opgemerk en foto’s van die oorlaaide bakkie geneem.  Dit is dadelik na die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer gestuur vir ’n nuwe formele klag. “Vir ‘n tweede oortreding sal die diewe hopelik swaarder gestraf word,” het rdl. De Jager eergister uit die VSA, waar hy tans vakansie hou, aan Gazette gesê.
Gazette kon egter nie teen druktyd bevestiging kry of die klag wel gelê is nie.
Hierdie misdryf is ’n jarelange probleem in Parys. Hiervan is die massiewe gate wat in die ou begraafplaas oop lê, die skrille getuienis.
Een van die skuldiges wat verlede Maandag gevonnis is, is vroeër ook al vir dié diefstal in hegtenis geneem, maar weer vrygelaat. ’n Duidelike kennisgewingbord wat waarsku dat die diefstal van die sand ’n kriminele oortreding is, en oortreders vervolg sal word, is twee jaar gelede by die begraafplaas aangebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button