Editor's choiceNewsNews

Steeds soek ná ontvoering by winkel

Nafish Ahmed (27), ‘n Bhangladeshiese burger, is Maandagmiddag net na 12:00 by ’n algemene handelaar, A & H Cash & Carry in Eerstelaan waar hy werk, ontvoer.

Nafish Ahmed (27), ‘n Bhangladeshiese burger, is Maandagmiddag net na 12:00 by ’n algemene handelaar, A & H Cash & Carry in Eerstelaan waar hy werk, ontvoer.

Volgens die polisie het twee Pakistani’s die betrokke dag die winkel binnegekom, gevolg deur nog twee Pakistani’s. Hulle was almal met handwapens gewapen.

Daar was oënskynlik ’n woordewisseling, waarna ’n werker in die winkel vasgebind is. Die mans het Ahmed saam met hulle in ’n ligblou Volkswagen Passat gedwing en die toneel verlaat.

Die werker kon daarin slaag om homself te bevry en Ahmed se suster te gaan vertel wat gebeur het. Sy het die polisie ontbied. Klagte van besigheidsroof en menseroof word deur die polisie ondersoek.

Enigeen wat die polisie kan help met inligting, word baie dringend gevra om 082 554 3041 of 056 816 2519 te skakel.

Related Articles

Back to top button