NewsNews

Wrede dood vir koei

BARRAGE. – Deesdae is dit nie meer ‘n vreemde verskynsel om op vee af te kom wat sommer daar en dan geslag is nie, maar die wreedheid wat daarmee gepaard gaan is dikwels onmenslik. Die onderste gedeelte van die koei is verwyder en die boonste gedeelte net daar gelos. ‘n Boer in die Barrage-omgewing was …

Die onderste gedeelte van die koei is verwyder en die boonste gedeelte net daar gelos.

‘n Boer in die Barrage-omgewing was geskok toe sy op 1 Februarie sien hoe een van haar koeie deur ‘n vermeende veedief op haar plaas tussen die bome geslag is. Die onderkant van die koei was weg, terwyl die boonste gedeelte tussen die bome gelê het.
Sy het ook ‘n wit Ford Ranger bakkie opgemerk en dit het gelyk of hulle besig was om iets te laai, wat vermoedelik die koei was.
Volgens AO Simon Mofokatsana, woordvoerder vir die polisie is dit nie die eerste voorval nie.

 

“Daar was soortgelyke voorval in Rosshoff-kleinhoewe. Dit is duidelik dat die persoon of persone wat met die bakkie ry betrokke is in dié tipe misdrywe.”
Enige persoon met inligting kan die polisie by 016 987 6720 skakel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button