NewsNews
Wrede dood vir koei
BARRAGE. – Deesdae is dit nie meer ‘n vreemde verskynsel om op vee af te kom wat sommer daar en dan geslag is nie, maar die wreedheid wat daarmee gepaard gaan is dikwels onmenslik. Die onderste gedeelte van die koei is verwyder en die boonste gedeelte net daar gelos. ‘n Boer in die Barrage-omgewing was …

Die onderste gedeelte van die koei is verwyder en die boonste gedeelte net daar gelos.
‘n Boer in die Barrage-omgewing was geskok toe sy op 1 Februarie sien hoe een van haar koeie deur ‘n vermeende veedief op haar plaas tussen die bome geslag is. Die onderkant van die koei was weg, terwyl die boonste gedeelte tussen die bome gelê het.
Sy het ook ‘n wit Ford Ranger bakkie opgemerk en dit het gelyk of hulle besig was om iets te laai, wat vermoedelik die koei was.
Volgens AO Simon Mofokatsana, woordvoerder vir die polisie is dit nie die eerste voorval nie.
“Daar was soortgelyke voorval in Rosshoff-kleinhoewe. Dit is duidelik dat die persoon of persone wat met die bakkie ry betrokke is in dié tipe misdrywe.”
Enige persoon met inligting kan die polisie by 016 987 6720 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



