Dankie, dankie vir oop harte vir Sutherland-waternood
‘n Stampvol kerk en oop harte en hande vir Sutherland. Soveel só dat R18 000 reeds oorbetaal kon word aan dié dorp wat gebuk gaan onder die ergste droogte in 100 jaar, sê die sanger, Francois Fourie. Francois en Elizabeth het op eie inisiatief Sondagaand ‘n toewydings sangaand in die NG gemeente Parys-Wes aangebied waar …

‘n Stampvol kerk en oop harte en hande vir Sutherland.
Soveel só dat R18 000 reeds oorbetaal kon word aan dié dorp wat gebuk gaan onder die ergste droogte in 100 jaar, sê die sanger, Francois Fourie.
Francois en Elizabeth het op eie inisiatief Sondagaand ‘n toewydings sangaand in die NG gemeente Parys-Wes aangebied waar gesing is om die boeregemeenskap van Sutherland daadwerklik te help. Daar was geen toegangsfooi – net ‘n kollekte wat opgeneem is ten bate van die Dankbaarheids Droogtefonds van SUtherland.
Maar terselfdertyd is Parysenaars ook gevra om hiermee hul eie dankbaarheid te wys vir ‘n goeie seisoen en om in die nuwe jaar hul opnuut aan die Here toe te wy.
Baie dankie vir almal wat die aand kom saamsing het, gebid en bygedra het.
“Ons is absoluut oorstelp oor die wonderlike meelewing van mede Parysenaars vir mense in nood, sê Francois en Elizabeth.
“”Dis hoekom ons so lief geword het vir ons plek! – want mense gee om …””
Hier is die bankbesonderhede vir mense wat nog wil bydra tot die SUTHERLAND DANKBAARHEIDS FONDS:
SLK Sutherland Landbou Kooperasie
Standard Bank
Takkode: 051108
Rekeningnr: 083170863
Ontvanger: SLK Dawie Augustyn
Epos bewys van betaling aan: avz@roggeveld.co.za
Kooperasie-bestuurder: Dawie Augustyn
Tel: 023 5711 001 of 023 5711 050



