Vandag is dit JOOL in Potch en strate gaan gepak wees
Op Saterdag 3 Februarie gaan honderde studente duskant reuse, kleurryke vlotte in die strate van Potchefstroom paradeer. Op Saterdag 3 Februarie gaan honderde studente duskant reuse, kleurryke vlotte in die strate van Potchefstroom paradeer. Die jaarlikse JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) vlotoptog begin stiptelik om 08:00 vanaf die JOOLplaas (Hennie Binglestraat). Die optog is …

Op Saterdag 3 Februarie gaan honderde studente duskant reuse, kleurryke vlotte in die strate van Potchefstroom paradeer.
Die jaarlikse JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) vlotoptog begin stiptelik om 08:00 vanaf die JOOLplaas (Hennie Binglestraat).
Die optog is koshuis HK-lede, komitees en eerstejaars se welverdiende spogroete deur die strate van Potchefstroom. Eerstejaars loop trots langs hulle gedeelde vlot saam met hulle sleepkoshuis. Tel jou sente een vir een, want dié jaar gaan jou bydrae uitkring vanaf die hart tot die hande van JOOL. Die KSR-JOOL uitvoerende komitee beoog om nie net op die oppervlak groen te lyk nie, maar ’n immergroen verskil in die gemeenskap te maak.
HK-lede van die verskillende sleepkoshuise word verplig om ’n volhoubare struktuur binne die beplanning van hulle vlot in te werk.
Die struktuur word dan geïmplementeer by die verskeie sleepkoshuise se SJGD (Studente JOOL Gemeenskapsdiens) projekte. Herwinbare materiaal is ook ’n vereiste as jy in berekening wil kom as die praktiese vlotwenners.
Staal, plasties, rubber en hout word as herwinbare materiaal gebruik deur studente wat nuutskeppings ontwerp en bou.
Die twee verpligte herwinbare projekte word ook gebruik as ’n geleentheid vir jong entrepreneurs om hulle stempel af te druk.
JOOLweek het op 26 Januarie begin en strek tot die oggend van 3 Februarie. “Ons spog die jaar met ’n groen syfer van 40%,” sê Simoné Vos, KSR JOOL voorsitter. Koshuise kompeteer ook vir ’n kontantprys vir hulle FinJOOL rekeninge vir wie die groenste vlot bou!
As jy kan JOOL vir die musiek, kan jy stap vir die publiek. JOOL 2018 gaan groen en stap die ekstra myl vir iemand anders se skoene.




