NewsNews

Die plek van verandering en groei

Abraham Kriel Kinderhuis (AKK) Potch vier vanjaar hul 61ste bestaansjaar. Een-en-sestig jare van ’n verskil in kinders, groot en klein, se lewens. Met 80 toegewyde permanente personeellede is elke kind van die ouderdom 2 tot 18 jaar in ‘n plek van liefde en sorg. Volgens Cindy Purén, skakelbeampte van AKK, is daar kinders wat met… …

Abraham Kriel Kinderhuis (AKK) Potch vier vanjaar hul 61ste bestaansjaar. Een-en-sestig jare van ’n verskil in kinders, groot en klein, se lewens.
Met 80 toegewyde permanente personeellede is elke kind van die ouderdom 2 tot 18 jaar in ‘n plek van liefde en sorg.

Die toegewyde personeel van Abraham Kriel Kinderhuis wat ‘n verskil in die kinders se lewens maak. Foto: Barco Greeff, Picture Café

Volgens Cindy Purén, skakelbeampte van AKK, is daar kinders wat met absoluut niks by hulle aankom. Dit is dan die personeel se plig om seker te maak die spesifieke kind kry dadelik alles wat hy of sy sal benodig. Enige iets wat jy vir jou eie kind sal wil hê, soos skoon klere, toiletware, boeke, penne en nog vele meer. Dit is maar net ‘n druppel in die emmer. Daarom is hulle baie afhanklik van daaglikse skenkings. Wat jy moontlik as iets sal sien om weg te gooi, sien hulle as ‘n wetenskap-projek wat vir skool gemaak moet word.
Daar is tans 230 kinders tussen die ouderdom van 2 en 18 jaar wat elk op hul eie tyd ‘n paar skoene, knopies, plakpapier of strooitjies nodig het vir skool. En net soos wat jy dit dadelik vir jou kind wil gee, wil hierdie toegewyde personeel dit ook vir al 230 kinders gee.
So voor jy deur jou kaste gaan en weggooi wat jy dink jy nie meer gaan gebruik nie, onthou die kinders by AKK, hulle sal dit wel kan gebruik.
Die grootste fondsinsamelingsprojek wat AKK tans doen, is die alombekende Liggiefees.
Hierdie projek het verlede jaar 47 282 besoekers gehad, wat dui op ‘n 117.01% groei in omset teenoor die vorige jaar. Met hierdie fondsinsameling word daar baie gaatjies toegestop, maar daar is altyd plek vir groei.
Volgens Catharien Saayman, hoof van Abraham Kriel Kinderhuis, sien hul met groot afwagting uit na 2018 se Liggiefees-projek en nooi graag al die besighede van Noordwes om deel te wees van hierdie feestelike projek.

Wat van ‘n toer vir jou besigheid?
Cindy Purén skakelbeampte van Abraham Kriel bied toere vir jou besigheid. Wil jy betrokke raak by Abraham Kriel Kinderhuis? Bring jou personeel vir ‘n uitstappie en kom sien vir jouself watter verskil jou besigheid kan maak in die lewens van dié pragtige kinders. Skakel Cindy by 079 883 6335.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button