NewsNews

Gratis Valentynsfliek en piekniek in Botaniese tuin

‘n Geleentheid waar ’n gratis fliek in die buitelug in die Botaniese tuin van die Noordwes-Universiteit (Calderbanklaan) vertoon word, vind Woensdag 14 Februarie plaas. Die NWU Potch Kunste en Potchefstroom Kunsvereniging nooi almal om hul piekniekmandjies te pak, hul komberse saam te bring en in die pragtige tuin na die romantiese film, Sleepless in Seattle,… …

‘n Geleentheid waar ’n gratis fliek in die buitelug in die Botaniese tuin van die Noordwes-Universiteit (Calderbanklaan) vertoon word, vind Woensdag 14 Februarie plaas.
Die NWU Potch Kunste en Potchefstroom Kunsvereniging nooi almal om hul piekniekmandjies te pak, hul komberse saam te bring en in die pragtige tuin na die romantiese film, Sleepless in Seattle, te kom kyk. Die film is 25 jaar gelede vrygestel.
Dit vertel die verhaal van ‘n seuntjie wat ‘n radio-omroeper bel om vir sy pa, Sam Baldwin, ‘n nuwe lewensmaat te kies nadat sy ma aan kanker oorlede is.
Sam, gespeel deur Tom Hanks, sukkel om sy vrou se dood te verwerk. Hy neem aan die inbelprogram deel net om sy seun tevrede te stel en maak sy hart oop wanneer hy sy hartseer met die luisteraars deel.
Een van die vroue wat na die inbelprogram luister, Annie Reed (Meg Ryan), raak dadelik op hierdie sensitiewe man verlief, al het sy self onlangs verloof geraak.
Valentyners kan vanaf 18:00 begin piekniek hou, terwyl die film eers met skemer vertoon sal word.
Ruimte in die tuin is beperk, daarom moet almal toegangskaartjies by die ingang toon. Gratis toegangskaartjies is by die kaartjiekantoor van die Sanlam Ouditorium, NWU-kampus en Food Studio (Esselenstraat 6) beskikbaar. ‘n Maksimum van vier kaartjies per persoon mag afgehaal word. Indien dit reën, word die film gekanselleer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button