NewsNews

Ongelooflik! Pasiënt leef na totale wrak

Ongelooflik! Pasiënt leef na totale wrak FOTO: ER24 VEREENIGING. – Byna ongelooflik!  Kyk hoe lyk die Chevrolet Aveo motorjie nadat dit teen ‘n vragmotor gebots het vanoggend, 1 Februarie, net voor 07:00 in Houtkopweg, Vereeniging. Volgens inligting het dievragmotor glo  aan die verkeerde kant van die pad gestaan toe die motor teen hom vasgery het. …

FOTO: ER24

VEREENIGING. – Byna ongelooflik!  Kyk hoe lyk die Chevrolet Aveo motorjie nadat dit teen ‘n vragmotor gebots het vanoggend, 1 Februarie, net voor 07:00 in Houtkopweg, Vereeniging. Volgens inligting het dievragmotor glo  aan die verkeerde kant van die pad gestaan toe die motor teen hom vasgery het. Die voertuig het onder die linkervoorkant van die vragmotor tot stilstand gekom. Wonderbaarlik het paramediese personeel van ER24 die pasiënt op die bestuursitplek gekry. Alhoewel die voertuig in twee geskeur was, leef die man en het nie ernstige beserings opgedoen nie. Die brandweer moes die voertuig met hidroliese toerusting oopsny. Die voorste deel van die motor het ‘n ent verder weg gelê. Die pasiënt is deur die Provinsiale ambulansdiens na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling.

FOTO: ER24

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button