Ongelooflik! Pasiënt leef na totale wrak
Ongelooflik! Pasiënt leef na totale wrak FOTO: ER24 VEREENIGING. – Byna ongelooflik! Kyk hoe lyk die Chevrolet Aveo motorjie nadat dit teen ‘n vragmotor gebots het vanoggend, 1 Februarie, net voor 07:00 in Houtkopweg, Vereeniging. Volgens inligting het dievragmotor glo aan die verkeerde kant van die pad gestaan toe die motor teen hom vasgery het. …

VEREENIGING. – Byna ongelooflik! Kyk hoe lyk die Chevrolet Aveo motorjie nadat dit teen ‘n vragmotor gebots het vanoggend, 1 Februarie, net voor 07:00 in Houtkopweg, Vereeniging. Volgens inligting het dievragmotor glo aan die verkeerde kant van die pad gestaan toe die motor teen hom vasgery het. Die voertuig het onder die linkervoorkant van die vragmotor tot stilstand gekom. Wonderbaarlik het paramediese personeel van ER24 die pasiënt op die bestuursitplek gekry. Alhoewel die voertuig in twee geskeur was, leef die man en het nie ernstige beserings opgedoen nie. Die brandweer moes die voertuig met hidroliese toerusting oopsny. Die voorste deel van die motor het ‘n ent verder weg gelê. Die pasiënt is deur die Provinsiale ambulansdiens na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling.
FOTO: ER24



