Vroue reik uit met gratis boekoortrek diens
’n Groepie vroue van die Kelly Care Foundation in Schonkenville het die afgelope week uitgereik na talle ouers en leerlinge wat weens knypende finansies of ander omstandighede nog nie hul skoolboeke kon oortrek nie. Danksy skenkings, het die vroue Vrydagmiddag onder meer by die Pick n Pay-sentrum, en oor die naweek in Tumahole en Schonkenville …

’n Groepie vroue van die Kelly Care Foundation in Schonkenville het die afgelope week uitgereik na talle ouers en leerlinge wat weens knypende finansies of ander omstandighede nog nie hul skoolboeke kon oortrek nie.
Danksy skenkings, het die vroue Vrydagmiddag onder meer by die Pick n Pay-sentrum, en oor die naweek in Tumahole en Schonkenville skoolboeke gratis oorgetrek.
Die Kelly Care Foundation is in Augustus 2017 gestig deur Tatum De Pearce wat uit haar eie ondervindings as jong meisie besluit het om deur middel van hierdie organisasie uit te reik na jongmense wat dieselfde uitdagings en struikelblokke as sy te bowe moet kom.
Dit was juis die foute wat sy as jongmeisie gemaak het, wat haar menswees gevorm het en begrip gegee het vir dit waarmee jongmense vandag gekonfronteer word, vertel sy.
Kelly is die naam van haar dogtertjie wat gebore is toe sy in matriek was. Onder die talle projekte wat sy reeds geloods het om na jong meisies uit te reik, is ’n projek waarmee sy onder meer sanitêre pakkies versprei het om aan hierdie groep meisies ook waardigheid te gee. Mense kan met Tatum kontak maak by 073 914 1532 of haar op haar Facebook-blad volg.


