NewsNews

Vrou in woonstel vermoor

Potchefstroom – Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind. Illustration photo Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle die vrou op die bed …

police,saps

Illustration photo

Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle die vrou op die bed gevind het.
“Sy het in ‘n plas bloed op haar maag gelê,” het Chaka gesê.
’n Messteekwond is aan haar nek en regterhand gevind. Volgens hom word ’n saak van moord ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die slagoffer is intussen as Segametsi “Granny” Mokwatsi geïdentifiseer. Die Herald kon teen druktyd nog nie familielede van die oorledene opspoor nie.

 

Related Articles

Back to top button