NewsNews

Vrou in woonstel vermoor

Potchefstroom – Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind. Illustration photo Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle die vrou op die bed …

police,saps

Illustration photo

Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle die vrou op die bed gevind het.
“Sy het in ‘n plas bloed op haar maag gelê,” het Chaka gesê.
’n Messteekwond is aan haar nek en regterhand gevind. Volgens hom word ’n saak van moord ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die slagoffer is intussen as Segametsi “Granny” Mokwatsi geïdentifiseer. Die Herald kon teen druktyd nog nie familielede van die oorledene opspoor nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button