NewsNews

‘Ons het nie tyd vir k#k Afrikaans nie’

VEREENIGING. – Optoggangers wat aan die massa-optog na Hoërskool Overvaal deelneem is glad nie skaam om presies te sê hoe hulle oor die skool en Afrikaans voel nie. Sowat 1 000 lede van onder meer Cosatu, die ANC en die onderwysvakbond Sadtu is sterk oppad na Hoërskool Overvaal om ‘n memorandum te oorhandig. Dit volg …

Sowat 1 000 lede van onder meer Cosatu, die ANC en die onderwysvakbond Sadtu is sterk oppad na Hoërskool Overvaal om ‘n memorandum te oorhandig.

Dit volg na ontevredenheid ontstaan het omdat die hof beslis het die skool hoef nie 55 bykomende Engelssprekende leerlinge te aanvaar nie.

Op die plakkate staan onder meer:

“Ons het nie tyde (tyd) vir die k#k Afrikaans nie” en “Kill Racists”. Op van die ander plakkate staan daar “Stop Racism” en ook “This is a rainbow nation stop racism. ‘n Ander een lees: “mo*r Afrikaans policy mo*r.

Die groep is egter nog ‘n ent weg van die skool.

 

Foto: Ettienne van Rensburg

Foto: Ettienne van Rensburg

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button