NewsNews

Kwas of hamer – maak mooi jou stoel

Parysenaars en veral die eienaars van antieke winkels in die dorp, kan solank die kwaste en wat nodig is regkry om deel te neem aan ’n “Kuns Stoel-kompetisie”. Dit is deel van die Parys Kunstefees wat van 19 Maart tot 15 April in die dorp gehou word. Of jy nou ’n ou stoelkussing oortrek, dit …

Parysenaars en veral die eienaars van antieke winkels in die dorp, kan solank die kwaste en wat nodig is regkry om deel te neem aan ’n “Kuns Stoel-kompetisie”. Dit is deel van die Parys Kunstefees wat van 19 Maart tot 15 April in die dorp gehou word.
Of jy nou ’n ou stoelkussing oortrek, dit verf, of selfs ’n stoel prakseer uit ’n ou oliedrom of ’n hoop planke – watter kunsvorm jy ook al beoefen – kom neem deel en gee ’n stoel ’n unieke voorkoms waarop jou kunsstempel afgedruk is.
Die enigste reël is dat die eindproduk as ’n stoel moet kan dien. Al lyk dit dalk nie soos die meeste mense ’n stoel ken nie, dit moet steeds funksioneel wees en so aangewend kan word. Stoele wat ingeskryf word, sal tydens die kunstefees oral in die dorp gesien kan word waar hulle uit bome hang of op dakke pronk.
Hulle sal dan vir liefdadigheid opgeveil word. Die wenstoel sal ’n  prys ontvang en as dit een van die antieke winkels in die dorp is, sal hulle ’n sertifikaat ontvang waarmee hulle vir n jaar lank sal kan spog as Parys se kunstigste stoelvervaardiger.
Begin solank planne maak. Inskrywings en inligting is binnekort op parysartsfestival.co.za beskikbaar. Skakel Karin by 083 409 9041 vir nadere besonderhede.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button