News

Groot hartseer oor bekende sakeman se dood

’n  Bekende sakeman van Parys, JJ Holthausen beter bekend as Bok of Daddy by familie, Parysenaars en huurders van sy onderskeie eiendomme, is Dinsdag 23 Januarie skielik in die ouderdom van 67 jaar oorlede. Bok het in 1985 saam met sy gesin vanaf Pretoria na Parys verhuis opsoek na besigheidsgeleenthede. Hy en sy vrou, Elize, …

’n  Bekende sakeman van Parys, JJ Holthausen beter bekend as Bok of Daddy by familie, Parysenaars en huurders van sy onderskeie eiendomme, is Dinsdag 23 Januarie skielik in die ouderdom van 67 jaar oorlede.
Bok het in 1985 saam met sy gesin vanaf Pretoria na Parys verhuis opsoek na besigheidsgeleenthede. Hy en sy vrou, Elize, het daarna JJ Meubileerders in Dolfstraat gekoop.
So het hy oor die jare heen in honderde huise koffie gedrink op soek na ’n  tweedehandse meubelstuk, en na vele Parysenaars se lewensverhale geluister terwyl hulle so hier en daar besigheid gepraat en ’n prys beding het.
Vir baie jare was hy ’n  bekende gesig in Dolfstraat met sy onmiskenbare ou Datsun meubelvervoerbakkie.
Hy het later as JJ begin bekend staan – ’n  naam wat deur sy assosiasie met die meubelwinkel aan hom toegeien is.
Hy het oor die meer as 30 jaar wat hy in Parys was ’n verskeidenheid eiendomme bekom en baie huurders het oor die jare ‘n heenkome in sy woonstelle gevind.
Bok word oorleef deur sy eggenote, Elize, twee seuns en ’n dogter.
“Ons gaan jou mis Dad.”
* Ons innige medelye met die familie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button