NewsNews

Plaasaanval op bekende ruk Noord-Kaap

Die VF Plus is saam met ander Noord-Kapenaars geskok oor die wrede aanval op die bekende mnr. Piet Els (86) en sy lewensmaat, me. Rikkie Alsemgeest (66), sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus.   Dr. Boshoff sê alhoewel die Noord-Kaap tot dusver minder plaasaanvalle as ander provinsies beleef het, het hierdie …

Die VF Plus is saam met ander Noord-Kapenaars geskok oor die wrede aanval op die bekende mnr. Piet Els (86) en sy lewensmaat, me. Rikkie Alsemgeest (66), sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus.

 

Dr. Boshoff sê alhoewel die Noord-Kaap tot dusver minder plaasaanvalle as ander provinsies beleef het, het hierdie aanval baie mense tot werklikheid geruk.

 

“Min is nog bekend oor die aanval, buiten dat dit deur oormatige wreedheid gekenmerk is. Luidens mediaberigte is beide slagoffers met ʼn strykyster gebrand en geslaan waarna hulle vasgebind en beroof is. Albei sterk tans in die hospitaal aan.

 

“Die vraag kom altyd na vore of ons met ‘gewone’ of politieke misdaad te doen het. In hierdie verband moet mnr. Els se status as prominente grondeienaar rondom Kimberley in ag geneem word.

 

“Politici in die Sol Plaatje-munisipale raad het oor die afgelope maande dikwels in verband met mnr. Els na onteiening sonder vergoeding verwys, as ‘n manier om grond vir goedkoop residensiële ontwikkeling beskikbaar te verkry.

 

“Die besonderhede rondom die aanval is onbekend, maar dit is jammer dat politici met onverantwoordelike uitsprake moontlik die grond vir sulke aanvalle voorberei,” sê dr. Boshoff.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button