Likkewane sorg vir heelwat medaljes ná skole liga kragmeting
Skole-roeiers van die Likkewaan-kanoklub het op Sondag 21 Januarie kon spog met uitmuntende prestasies na afloop van die eerste skole liga wat by Wemmer Pan gehou is. Parys Primêre skool kon in die kategorie vir Primêre skole wegstap met die tweede plek met 94 punte, terwyl Hoërskool Parys geskitter het met ’n eerste plek vir …
Skole-roeiers van die Likkewaan-kanoklub het op Sondag 21 Januarie kon spog met uitmuntende prestasies na afloop van die eerste skole liga wat by Wemmer Pan gehou is.
Parys Primêre skool kon in die kategorie vir Primêre skole wegstap met die tweede plek met 94 punte, terwyl Hoërskool Parys geskitter het met ’n eerste plek vir Hoërskole met 164 punte.
Die Likkewaan-kanoklub het ’n tweede posisie ingeneem met 284 punte.
Die individuele prestasies van die Likkewane was as volg: Wian Prinsloo (so.8 twee goue medaljes), Izania van Sandwyk (do.10 twee goue medaljes), Denise Stoltz (do.12 drie goud) Lyton Oelofse (so.12 drie goud), Marco van Sandwyk (so.12 brons), Jo-Ané Prinsloo (do.14 drie goue medaljes), Megan Oelofse (do.16 drie goue medaljes), Abigail Bezuidenhout (do.16 twee silwer en 1 brons), Veronica Stoltz (do.16 twee brons en ’n silwer, Ruan van Pletzen (so.16 goud en 2 silwer), Nicolas Prinsloo (so.16 twee goue medaljes) en Sean van Pletzen (so.18 twee goud en 1 silwer).
Die volgende kragmeting vir die Likkewane is op Sondag 25 Februarie by Victoria Lake in Germiston.



