Vermeende sanddiewe die naweek vasgetrek
Die afgelope naweek is daar weer ’n deurbraak gemaak met die inhegtenisname van twee verdagtes vir die diefstal van sand by die ou begraafplaas in Parys. Hulle sou Maandag in die hof verskyn het Hierdie misdryf is ’n jarelange probleem in Parys. Hiervan is die massiewe gate wat gegrou is, en wat duisende rand sal …
Die afgelope naweek is daar weer ’n deurbraak gemaak met die inhegtenisname van twee verdagtes vir die diefstal van sand by die ou begraafplaas in Parys.
Hulle sou Maandag in die hof verskyn het
Hierdie misdryf is ’n jarelange probleem in Parys. Hiervan is die massiewe gate wat gegrou is, en wat duisende rand sal kos om te rehabiliteer, die stille getuienis.
Een van die verdagtes wat die naweek in hegtenis geneem is, is vroeër ook al vir dié diefstal in hegtenis geneem, maar weer vrygelaat.
’n Duidelike kennisgewingbord wat waarsku dat die diefstal van die sand ’n kriminele oortreding is en oortreders vervolg sal word, is twee jaar gelede by die begraafplaas aangebring.
Raadslid Saal de Jager het na aanleiding van die arrestasie ’n dringende beroep op inwoners gedoen om hulle nie ook skuldig te maak aan die misdryf deur sand te verwyder, of rommel te strooi op nie-toelaatbare plekke nie.