NewsNews

Laaste groet vir ma Lelia

Daar is niemand soos ’n moeder en wanneer ’n  moeder nie meer daar is nie, is dit ’n seer wat woorde nie kan raakvat nie.  Só was dit Sondagmiddag die laaste groet vir Lelia de Jager. Sy is in die ouderdom van 89 jaar oorlede ná ’n  kort siekbed. Vir die De Jager-familie van Parys …

Daar is niemand soos ’n moeder en wanneer ’n  moeder nie meer daar is nie, is dit ’n seer wat woorde nie kan raakvat nie.  Só was dit Sondagmiddag die laaste groet vir Lelia de Jager. Sy is in die ouderdom van 89 jaar oorlede ná ’n  kort siekbed.
Vir die De Jager-familie van Parys was sy nie net hul “matriarg” nie, maar iemand wat soveel liefde en positiwiteit uitgestraal het waar sy gegaan het – haar lewe lank.
In haar bykans 90 jaar was sy ’n  voorbeeld en steunpilaar vir so baie. In besonder haar man, Coen (afgetrede apteker van Parys) met wie sy byna 70 jaar getroud was, haar kinders Marietjie, Saal, Annatjie en Linda, en die 13 kleinkinders en 12 agterkleinkinders waarmee sy geseën was.
Haar mooi glimlag en waardigheid waarmee sy haar plekkie in die gemeenskap maar ook as vrou, ma, ouma en oumagrootjie tot op hierdie ryke ouderdom volgestaan het, sal met die mooiste herinneringe gekoester word.
Lelia word Vrydag 26 Januarie om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Wes begrawe. Dankie aan elkeen wat op watter wyse ookal uitgereik het na die familie in hierdie hartseer tyd.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button