NewsNews

Voortslepende protes op R59 in Midvaal onaanvaarbaar

Uit die voortslepende gewelddadige protesoptrede van inwoners van Sicelo op die R59-provinsiale pad wil dit blyk of  betogers meer regte geniet as wetsgehoorsame burgers en inwoners, sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid vir Sedibeng.   “Die VF Plus veroordeel nie net die voortslepende betogings op die R59-provinsiale pad in die sterkste moontlike terme nie, maar is …

Uit die voortslepende gewelddadige protesoptrede van inwoners van Sicelo op die R59-provinsiale pad wil dit blyk of  betogers meer regte geniet as wetsgehoorsame burgers en inwoners, sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid vir Sedibeng.

 

“Die VF Plus veroordeel nie net die voortslepende betogings op die R59-provinsiale pad in die sterkste moontlike terme nie, maar is geskok oor die anargie wat heers en die gepaardgaande toleransie van die plaaslike owerhede jeens die betogers.

 

“Daar is bloot nie onderskeid te tref tussen betogers en misdadige elemente nie.

 

“Hierdie gewelddadige protesoptrede ontneem wetsgehoorsame landsburgers en gemeenskappe hul regte en is ʼn direkte gevolg van swak politieke leierskap en onvoldoende polisiëring.

 

“Die VF Plus het ʼn versoekskrif met bykans 900 handtekeninge oor die situasie aan die burgemeester, Bongani Baloyi, oorhandig. Daarmee saam ook voorgestelde veiligheidsmaatreëls met betrekking tot protesoptrede.

 

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die burgemeester nog glad nie op die VF Plus se versoek gereageer het, daarop geantwoord het of dit onder die betrokke komitee se aandag gebring het nie.

 

“Die tyd het aangebreek dat hierdie gewelddadige optrede as misdaad beskou word en daar teen die mense opgetree word. Die betrokke gemeenskapsleiers moet in hegtenis geneem en vervolg word.

 

“Die VF Plus dring daarop aan dat die veiligheidsmaatreëls wat deur ons voorgestel is onmiddellik in werking gestel word alvorens daar verdere lewensverlies plaasvind. Hierdie ongelukkige situasie is ʼn sprekende en duidelike voorbeeld van amptenare wat in poste geplaas is, gegrond op hul ras en nie op meriete of bevoegdheid nie,” sê Hoffman.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button