NewsNews

Voëlklub gaan help met voëllys vir gholfbaan-area

Feathers-voëlklub se eerste uitstappie vir die jaar is op Saterdag 20 Januarie, wanneer hul die Vaal De Grace gholflandgoed gaan besoek. Die doel is om ’n  voëllys vir die gholfbaan-area saam te stel. Aangesien gholfspelers reeds teen 07:00 begin speel, ontmoet belangstellendes om 06:00 by die parkeerterrein anderkant Vaal De Grace se restaurant (deur die …

Feathers-voëlklub se eerste uitstappie vir die jaar is op Saterdag 20 Januarie, wanneer hul die Vaal De Grace gholflandgoed gaan besoek. Die doel is om ’n  voëllys vir die gholfbaan-area saam te stel.
Aangesien gholfspelers reeds teen 07:00 begin speel, ontmoet belangstellendes om 06:00 by die parkeerterrein anderkant Vaal De Grace se restaurant (deur die hek, oor die brug en links by die sirkel en by die restaurant verby). Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam, asook anti-goggagoed en ’n hoed kan nuttig wees. Klublede behoort teen 09:30 klaar te wees.
Feathers se volgende byeenkoms is op Donderdag, 25 Januarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal. Hierdie is Feathers se jaarvergadering en daar moet ook drie komiteelede verkies word.
Hansie Bekker sal by die geleentheid die foto’s van hul besoek in Augustus 2017 aan die Kgalagadi kom deel.
Skakel vir Hansie Bekker by 056 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 056 817 6031 / 083 625 8100 vir meer inligting oor die klub, uitstappies en aktiwiteite.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button