NewsNews

Parysenaar wen duisende se toebehore met Facebook-kompetisie

Om so vroeg ná nuwejaar die nuus te hoor dat jy R100 000 se Samsung elektriese toebehore gewen het, is seker menige se droom. Maar vir Parysenaar Zonja Burger is dit alles behalwe ’n  droom. Sy het dié ongelooflike prys gewen in die  landwye “Why 3%.com Properties” Facebook-kompetisie. Al wat deelnemers aan die kompetisie moes …

Om so vroeg ná nuwejaar die nuus te hoor dat jy R100 000 se Samsung elektriese toebehore gewen het, is seker menige se droom.
Maar vir Parysenaar Zonja Burger is dit alles behalwe ’n  droom. Sy het dié ongelooflike prys gewen in die  landwye “Why 3%.com Properties” Facebook-kompetisie.
Al wat deelnemers aan die kompetisie moes doen, was om die groep se Facebook blad te “like” en kommentaar te lewer op die vraag,  “Why 3%.om Properties”
Zonja se kommentaar: “Save on commis-sion and stay up-to-date with the selling process as all your legal procedures are under one roof, making it convenient for both seller and buyer,” het van haar die gelukkige wenner gemaak.
Al die toebehore is nog nie afgelewer nie, maar daar is vir Zonja  drie splinternuwe TV’s, twee mikrogolfoonde, ’n Blu Ray DVD speler, ’n  “Soundbar”, skottelgoedwasser, twee stofsuiers en twee yskaste bestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button