NewsNews

VIDEO: EFF skop ouer by Overvaal

VEREENIGING. – ‘n Ouer van ‘n leerling aan Hoërskool Overvaal is vanoggend deur lede van die EFF aangerand. Luidens berigte het die ouer die betogende lede van die EFF gevloek, waarna hulle hom geskop het. Een van die EFF-lede, Azwi Tshitangano sê: “Daardie wit man het ons beledig, hy kan nie swart mense mase p**** …

Luidens berigte het die ouer die betogende lede van die EFF gevloek, waarna hulle hom geskop het.

Een van die EFF-lede, Azwi Tshitangano sê: “Daardie wit man het ons beledig, hy kan nie swart mense mase p**** noem nie. As hulle geweld soek, dan sal ons hulle geweld gee, as hulle vrede soek, sal ons hulle vrede gee.

Daar is tans swaar polisie teenwoordigheid by Hoërskool Overvaal.

 

EFF-lede het vroeg vanoggend reeds by die skool opgedaag na dié skool die hofsaak teen die Gautenge Departement van Onderwys gewen het.

Die Onderwysdepartement van Gauteng se opdrag dat die Hoërskool Overvaal in Vereeniging 55 bykomende Engelse leerlinge moet aanvaar, is Maandagmiddag in die hooggeregshof in Pretoria ter syde gestel, maar nie almal is tevrede met die uitspraak nie en het vanoggend met ‘n protes by die skool begin.

Regter Bill Prinsloo het bevind dat die skool vol is en dat die Engelse buurskole, Phoenix High School en General Smuts High School, genoeg plek vir die leerlinge het en dat die onderwysdepartement se besluit is ongrondwetlik is. Hy het verder aanbeveel dat die distrikshoof van die departement in die skool se gebied, Chriselda Makhubela ondersoek word. “Sy het die skoolhoofde van die Engelse skole geïntimideer om hul beëdigde verklarings (aan die hof) terug te trek.”

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys het gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om te sorg dat geregtigheid geskied vir die Engelse leerlinge wat “toegang geweier is by die Hoërskool Overvaal. “Ons sal ’n nierassige skoolomgewing hê. Ons gaan sonder enige huiwering teen hierdie uitspraak appelleer. Ons sal veg tot in die konstitusionele hof.”

Die skoolhoofde van die Engelse skole, Phoenix High School en General Smuts High School, het in beëdigde verklarings gesê daar is genoeg plek in hul skole om die 55 leerlinge te akkommodeer.

Twee dae later het hulle hul verklarings teruggetrek en in handgeskrewe verklarings gesê hulle het ’n fout gemaak.

“Ek vind dit hoogs onwaarskynlik dat twee hoogs gekwalifiseerde steunpilare van die samelewing so ’n fout sal maak onder eed en die statistieke verkeerd kry in hul eie skole,” het Prinsloo gesê.

WhatsApp boodskappe tussen die beheerliggaamvoorsitter en die Hoërskool Overvaal, Hardus Visagie, en ‘n skoolhoof van een van die Engelse skole is in die hof voorgelees waar die skoolhoof van een van die Engelse skole sê hoe hy deur Makhubela ontbied is, hoe bang hy was dat hy sy pensioen kan verloor en daarom eerder gedoen het soos sy vra deur sy oorspronklike beëdigde verklaring terug te trek.

Regter Prinsloo het ook beveel dat geen verdere leerlinge, behalwe die 142 wat reeds aanvaar is, by Hoërskool Overvaal aanvaar mag word nie.

Werner Human, ’n regsverteenwoordiger van die skool, het ná die uitspraak gesê dis jammer dat dit in ’n rassekwessie ontaard, want dit is glad nie wat dit is nie.

Video: Netwerk24

 

Latest News

COMMENTS

Get in touch

Contact our

News Room

Sales

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button