CommunityEntertainmentLifestylePhoto GalleriesReligionSponsored

Sentrum betree ‘n nuwe era

VANDERBIJLPARK. – Die Danté Chan Christen Sentrum wat binne kort sy derde verjaardag vier is sedert 6 Maart tuis in die ou AGS Noord of die Twenty century Fox theatre, soos hy ook bekend gestaan het in die 60’s en 70’s. Die Sentrum wat onderleiding van Kaptein Alwyn Wilken staan lewer die volgende dienste op …

VANDERBIJLPARK. – Die Danté Chan Christen Sentrum wat binne kort sy derde verjaardag vier is sedert 6 Maart tuis in die ou AGS Noord of die Twenty century Fox theatre, soos hy ook bekend gestaan het in die 60’s en 70’s.
Die Sentrum wat onderleiding van Kaptein Alwyn Wilken staan lewer die volgende dienste op ‘n daaglikse basis aan die hawelose, arm en behoeftige gemeenskap.
‘n Klerebank om aan die behoeftiges klere te voorsien is weeksdae tussen 08:00 en 10:00 oop. ‘n Sopkombuis waar tot ‘n 200 mense daagliks ‘n bord kos kan ontvang tussen 10:00 en 12:00 weeksdae.
Volgens kaptein Wilken word daar beplan om die ure van die twee dienste voortaan te verleng. Berading word ook by die perseel gedoen. Die Sentrum bestaan ook uit ‘n Pinkster Protestante Kerk waar daar Sondae om 09:30 ‘n ere diens gehou word.
Verspreiding van gratis Bybels en ander Christelike literatuur word vanaf die sentrum behartig. Die Sentrum beplan ook om binnekort ‘n nagskuiling te open, waar haweloses ‘n warm bad en bed vir die nag kan ontvang. Die oopstel van die nagskuiling hang egter af van die nodige borgskappe hiervoor.
Die “Jessica’s wall of life’’ babakas is ook in die sentrum ingebou waar ongewensde babas geplaas kan word. In samewerking met ‘n “Cross- Kinie’’ vertoon die Sentrum ook nou die nuutste Christelike Films. Op 29 Mei word die Film Rowwe Diamante vertoon. Die kaartjies beloop R35 p/p en voorskoolse kinders is gratis. Kaartjies is op die aand van die vertonings beskikbaar.

Dante Chan Christelike sentrum, Century Fox teater, Jannie du Plessis, Vaalweekblad, Parys Gazette
Dantè Chan Christen Sentrum se nuwe tuiste in in die ou “Twenty century Fox” teater, soos hy ook bekend gestaan het in die 60 en 70`s in Bequerel straat, CW2 Vanderbijlpark.

Related Articles

Back to top button