NewsNews

Maak jou reg vir groot opwinding tydens JOOL 2018!

Groot, kleurryke vlotte wat agter mekaar in die strate van Potchefstroom afbeweeg. Duisende eerstejaarstudente wat in die bloedige son loop en blik skud. Twee aande se musiekvertonings met van die beste kunstenaars in die land en ’n prag-vuurwerkvertoning wat die einde van ’n week se bloed, sweet en trane afsluit. Hierdie is net ’n paar… …

Groot, kleurryke vlotte wat agter mekaar in die strate van Potchefstroom afbeweeg.
Duisende eerstejaarstudente wat in die bloedige son loop en blik skud.
Twee aande se musiekvertonings met van die beste kunstenaars in die land en ’n prag-vuurwerkvertoning wat die einde van ’n week se bloed, sweet en trane afsluit. Hierdie is net ’n paar maniere om JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) te beskryf.
JOOL is om die draai, en elke student behoort deel te wees van die onvergeetlike ondervinding.
Die doel van JOOL is om fondse in te samel vir liefdadigheid en studente die geleentheid te gee om ’n verskil te maak in die gemeenskap.
JOOLweek vind van 29 Januarie tot 3 Februarie op die JOOLplaas in Potchefstroom plaas. Op 1 en 2 Februarie sal die musiekvertonings plaasvind en op 3 Februarie sal die vlotte trots in die strate af paradeer. Kaartjies vir 1 en 2 Februarie kan teen R130 per aand gekoop word langs die Studente Sentrum (SS) op kampus vanaf 22 Januarie of by die JOOLplaas se hekke.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button