NewsNews

Potch-student kritiek met malaria

‘n Student aan Potchefstroom Akademie, Elmien Fourie (20), is op Oujaardsag met ernstige malaria gehospitaliseer, en is tans in ‘n kritieke toestand. Elmien was saam met haar gesin in Evander in Mpumalanga toe sy op Oujaardsag siek geword het. Elmien se pa, Manie Fourie, is ook die volgende dag in die Evander-staatshospitaal vir malaria opgeneem. …

‘n Student aan Potchefstroom Akademie, Elmien Fourie (20), is op Oujaardsag met ernstige malaria gehospitaliseer, en is tans in ‘n kritieke toestand.

Elmien was saam met haar gesin in Evander in Mpumalanga toe sy op Oujaardsag siek geword het.

Elmien Fourie. Foto: Facebook

Elmien se pa, Manie Fourie, is ook die volgende dag in die Evander-staatshospitaal vir malaria opgeneem. Manie se toestand is egter meer stabiel as die van sy dogter, wat steeds nie uit ‘n semi-koma ontwaak het nie.

Elmien se ma, Natasja het vanoggend (3 Januarie) op Facebook laat weet dat Elmien se toestand nog dieselfde is, en dat sy skade aan haar niere en lewer gekry het.

Natasja, het ‘n hulpfonds gestig vir haar gesin, en kon teen Nuwejaarsdag genoeg geld insamel om haar man en dogter te laat oorplaas na MediClinic-privaathospitaal in Secunda.

Daar is ook ‘n ondersteuningsblad op Facebook vir Elmien gestig, waar familie en vriende hul gebede plaas naamlik Elmien Fourie Hulpfonds.

 

CSS, Crime ad

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button