NewsNews

“Padpuisies” hier om te bly

Potchefstromers het onlangs op sosiale media gal gebraak oor die nuwe geel spoedhobbels wat orals in die stad verskyning maak. Potchefstromers het onlangs op sosiale media gal gebraak oor die nuwe geel spoedhobbels wat orals in die stad verskyning maak. Volgens Malcolm Grimbeek, verkeershoof van JB Marks munisipaliteit, gaan daar nog sulke verkeerskalmering inisiatiewe oral in …

Potchefstromers het onlangs op sosiale media gal gebraak oor die nuwe geel spoedhobbels wat orals in die stad verskyning maak.

Volgens Malcolm Grimbeek, verkeershoof van JB Marks munisipaliteit, gaan daar nog sulke verkeerskalmering inisiatiewe oral in die munisipaliteit van stapel gestuur gaan word.

“Ons kan nie net niks doen nie, die area wat ons  moet dek is groot daarom kan ons beamptes nie die heeltyd orals wees nie, ons moet die hulpmiddele tot ons beskikking gebruik,” het hy gesê.

Die “padpuisies” soos mense dit gedoop het, dien volgens inwoners geen doel nie omdat groter voertuie bloot bo-oor dit kan ry sonder enige nagevolge terwyl kleiner voertuie moet dood stop om oor te ry.

Daar word beweer dat die hobbels veral, kleiner voertuie se bande en skokbrekers beskadig, en dat dit wielsporing en wielbalansering affekteer.

Volgens Grimbeek beskadig die hobbels nie voertuie wat teen die voorgeskrewe spoedgrens oor hulle ry nie.

“Dit word gebruik om verkeer in die area waar dit geplaas word te kalmeer. Veral daar waar mense teen onaanvaarbare spoed ry. Die gebruik hiervan is voorgeskryf in die verkeerswet, en die hobbels is SABS goed gekeur. Ons is bemoei met padveiligheid so ons moet probeer voorkomend optree in die belang van alle padverbruikers,” het hy gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button