NewsNews

Tweejarige sterf tragies

MEYERTON. – Mens hoor dikwels mense sê die lewe kan in n oogwink verander… die woorde het egter vir n egpaar van Meyerton ‘n realiteit geword toe hul tweejarige dogtertjie verdrink het. Wyle klein Anet. Skaars n paar uur na Willie en Nicole Maré saam met hul dogtertjie Anet en hul huishulp in Amanzimtoti in …

Wyle klein Anet.

Skaars n paar uur na Willie en Nicole Maré saam met hul dogtertjie Anet en hul huishulp in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangekom het, vir wat veronderstel was om n heerlike familie vakansie te wees, het die tragedie homself afgespeel.
Die pragtige donkerkop dogtertjie het onverwags in die swembad geval by die vakansieverblyf wat die gesin bespreek het.

Sy is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Familie en vriende van klein Anet is in rou gedompel oor haar skielike dood en sy laat n groot leemte.
Anet se begrafnisdiens vind Saterdag by die Meyerton Katolieke Kerk om 11:00 plaas.
Anet was die Maré-egpaar se enigste kind en hulle het Sondag, ‘n dag voor die egpaar na Amanzimtoti vertrek het, haar tweede verjaarsdagpartytjie gehou. Sy het op 4 Januarie twee geword.
Parys Gazette se innige simpatie en meegevoel aan die Maré-egpaar en hul familie en vriende.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button