NewsNews

Sasolburgers die herrie in oor hoë waterrekenings

SASOLBURG. – Inwoners was onlangs behoorlik warm onder die kraag nadat hulle rekenings vir interest on arrears van tot en met R60 000 van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gekry het. Wat hulle nog meer ontstel het, is dat daar deur middel van die ‘briefies’ gedreig is dat hul krag gesny sal word indien die bedrag …

SASOLBURG. – Inwoners was onlangs behoorlik warm onder die kraag nadat hulle rekenings vir interest on arrears van tot en met R60 000 van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gekry het.

Wat hulle nog meer ontstel het, is dat daar deur middel van die ‘briefies’ gedreig is dat hul krag gesny sal word indien die bedrag nie betaal word nie.
Vaalweekblad is met navrae van honderde ontstoke inwoners oor hierdie aangeleentheid oorval. Sasolburgers kan egter ontspan, dit was net ‘n fout wat begaan is met die rekenings. Volgens dr. Gino Alberts, Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder, vra die munisipaliteit verskoning vir die verkeerde munisipale rekenings wat uitgestuur is.

“Dit het gebeur weens ‘n tegniese probleem wat ons ondervind het in ons sisteem. “Ons het die saak reggestel en het al die rekenings reggemaak.
“Ons wil die gemeenskap verseker dat ons alles in ons vermoë doen om seker te maak dat so iets nie weer gebeur nie. “Ons vra dat enige persoon wat meer duidelikheid oor die saak wil hê, of hul navraag wil bespreek, ons munisipale kantore se navrae-afdeling besoek of ons by (016) 973 8369 te kontak,” sê dr. Alberts.

Related Articles

Back to top button