NewsNews

Vier 7’s en 1 onder VS se top 100 vir Parys

Die resultaat van 12 jaar se harde werk is vanoggend duidelik gesien op die gesigte van die 2017 matrikulante van die Hoërskool Parys wat spog met skitterende uitslae. Liza Taljaard, die skool se toppresteerder met 7 A-simbole (Afr, Eng, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en wiskunde), is boonop ook onder die Vrystaat se top 100 …

Die resultaat van 12 jaar se harde werk is vanoggend duidelik gesien op die gesigte van die 2017 matrikulante van die Hoërskool Parys wat spog met skitterende uitslae. Liza Taljaard, die skool se toppresteerder met 7 A-simbole (Afr, Eng, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en wiskunde), is boonop ook onder die Vrystaat se top 100 matriekpresteerders.

Naas Liza spog nog 3 van die skool se matrikulante met 7 vakonderskeidings. Hulle is Thomas Conradie (Afr, Eng, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, geografie, lewenswetenskappe en wiskunde), Monique Beque (Afr, Eng, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, wiskunde en IGO) en Nicolas Fernandes (Afr, Eng, lewensoriëntering, .fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en wiskunde).

Andrushka van der Merwe het 6 onderskeidings (Afr, lewensoriëntering, besigheidstudies, rekeningkunde, wiskunde en IGO) en Roelene Biddulph spog met 5 A’s (Afr, Eng, lewensoriëntering, lewenswetenskappe en rekeningkunde).

Hierbenewens is daar 3 matrikulante met 4 A’s elk. Hulle is Megan van Eck (lewensoriëntering, Afr, Eng en wiskunde geletterdheid), Tasneem Goga (lewensoriëntering, Afr, Eng, toerisme) en Danika Groenewald (lewensoriëntering, Eng, geografie en toerisme).

Drie vakonderskeidings is behaal deur Brendan Brits (lewensoriëntering, Eng en RTT) , Annemarie Marais (lewensoriëntering, Afr en Eng) en Diteboho Mofokeng (lewensoriëntering, Afr en rekeningkunde).

Die skool het ‘n totaal van 93 vakonderskeidings en 60% van die skool se matrikulante slaag met universiteitsvrystelling.

Van die skool se 92 matrikulante het 91 geslaag wat ‘n slaagsyfer van 98,8% vir die skool beteken.

Die skool word beloon met ‘n silwerdiploma vir ‘n slaagpersentasie bo 90%, en is die Fezile Dabi streek met 92% die nr. 1 streek in Suid-Afrika vir die 2017 matriekuitslae.

Baie geluk aan al die 2017 matrikulante en die personeel met hierdie spog uitslae.

Beide Weiveld Landbou- en Hotelskool en Phehellang Secondary School is ook deur die onderwysdepartement beloon met silwertoekennings vir matriek slaagpersentasies bo 90%. Phehellang se 61 matrikulante het ’n  92% slaagsyfer gehad. Weiveld se slaagpersentasie is 95% en die skool se toppresteerder is Mary Ramakatsa met twee vakonderskeidings.

Yakhisizwe Secondary School, Boitlamo Secondary School en Barnard Molokoane Secondary School se uitslae sal gepubliseer word sodra dit van die skool ontvang word.

Van die skool se toppresteerders is van links Monique Beque, Nicolas Fernandes, Liza Taljaard, Andrushka van der Merwe, Danika Groenewald en Tasneem Goga. Thomas Conradie en Megan van Eck was afwesig toe die foto geneem is.

Related Articles

Back to top button