NewsNews

Aardklop wéér genomineer as gewildste fees

Stem nou vir Aardklop as die gewildste fees. Aardklop Nasionale Kunstefees is opgewonde om bekend te maak dat die fees vir die tweede jaar in ‘n ry deur die publiek genomineer is vir ‘n kykNET Fiësta-toekenning in die kategorie Gewildste Fees. Die publiek kan vir Aardklop stem deur kykNET se webblad te besoek by www.kykNET.tv …

Aardklop Nasionale Kunstefees is opgewonde om bekend te maak dat die fees vir die tweede jaar in ‘n ry deur die publiek genomineer is vir ‘n kykNET Fiësta-toekenning in die kategorie Gewildste Fees.

Die publiek kan vir Aardklop stem deur kykNET se webblad te besoek by www.kykNET.tv

Daar kan ook gestem word deur Aardklop se Facebook-blad te besoek en die skakel daarop te volg. Klik hier om na Aardklop se Facebook-blad te gaan.

Stemlyne sluit reeds 8 Januarie 2018, so stem nou vir Aardklop as die gewildste fees.

*Aardklop sal van 2 tot 7 Oktober 2018 in Potchefstroom plaasvind.

Related Articles

Back to top button