NewsNews

Minstens 4 dood in treinongeluk

Minstens 4 mense is is dood en 40 beseer ná ‘n botsing vanoggend tussen die Shozoloza Meyl en ‘n vragmotor net buite Kroonstad. Die trein het ook ontspoor. Netwerk 24 berig dat die presiese getal mense wat deur die ongeluk geraak is, nog vasgestel moet word. Die passasierstrein het vanoggend (Donderdag 4 Januarie) net na …

Minstens 4 mense is is dood en 40 beseer ná ‘n botsing vanoggend tussen die Shozoloza Meyl en ‘n vragmotor net buite Kroonstad. Die trein het ook ontspoor.

Netwerk 24 berig dat die presiese getal mense wat deur die ongeluk geraak is, nog vasgestel moet word. Die passasierstrein het vanoggend (Donderdag 4 Januarie) net na 09:00 tussen Hennenman en Kroonstad ontspoor. Drie van die treinwaens het aan die brand geraak.

Passasiers se beserings wissel tussen lig en ernstig. Die trein was van Port Elizabeth na Johannesburg onderweg. Passasiers het na die ongeluk gese dat hulle gehoor het hoe die trein twee keer hard toeter blaas, en daarna die slag. Die trein het die vragmotor minstens 300m ver gesleep voor dit ontspoor het. (Bron: Netwerk 24)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button