NewsNews

Potch-student kritiek met malaria

‘n Student aan Potchefstroom Akademie, Elmien Fourie (20), is op Oujaardsag met ernstige malaria gehospitaliseer, en is tans in ‘n kritieke toestand. Elmien was saam met haar gesin in Evander in Mpumalanga toe sy op Oujaardsag siek geword het. Elmien se pa, Manie Fourie, is ook die volgende dag in die Evander-staatshospitaal vir malaria opgeneem…. …

Elmien Fourie is in ‘n kritieke toestand met Malaria. Foto: Facebook

Elmien Fourie. Foto: Facebook

Elmien se pa, Manie Fourie, is ook die volgende dag in die Evander-staatshospitaal vir malaria opgeneem. Manie se toestand is egter meer stabiel as die van sy dogter, wat steeds nie uit ‘n semi-koma ontwaak het nie.

 

Elmien se ma, Natasja het gister, op 3 Januarie op Facebook laat weet dat Elmien se toestand nog dieselfde is, en dat sy skade aan haar niere en lewer gekry het.

Natasja, het ‘n hulpfonds gestig vir haar gesin, en kon teen Nuwejaarsdag genoeg geld insamel om haar man en dogter te laat oorplaas na MediClinic-privaathospitaal in Secunda.

Daar is ook ‘n ondersteuningsblad op Facebook vir Elmien gestig, waar familie en vriende hul gebede plaas naamlik Elmien Fourie Hulpfonds.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button